Bou Loopbane
Bemagtig Besighede
Werkie – waar werksgeleenthede 'n werklikheid word. Werkie.co.za help om werksoekers en werkgewers met mekaar te verbind deur die hele proses te vereenvoudig.
Ek is op soek na
Werkgeleenthede vir almal – of jy pas jou loopbaan begin, of reeds 30 jaar se ervaring agter die rug het. Werkie het die regte geleentheid vir jou!
Werf die regte kandidate met minder moeite. Die werwings- en aanstellingsproses is baie tydsintensief. Ons het hierdie proses gestroomlyn om die regte kandidate in die regte posisies te plaas.
Dit is ons missie om jou met die regte geleentheid te verbind wat by jou vaardighede, waardes en loopbaandoelwitte pas, want
jou sukses is ons prioriteit.
As jy op soek is na 'n dinamiese en ondersteunende omgewing om jou loopbaan 'n hupstoot te gee, dan is jy op die regte plek.
01
As deel van werkie.co.za, bied ons vinnige en maklike toegang tot die nuutste werksgeleenthede. Ontdek geleenthede wat pas by jou vaardighede en loopbaanideale.
02
Gebruik ons eenvoudige aanlyn-platform om vinnig en maklik jou CV in te stuur. Vereenvoudig die aansoekproses vir die beskikbare werksgeleenthede.
03
Wanneer jy 'n geskikte geleentheid sien, begin met 'n inleidende onderhoud. Berei voor om jou loopbaan na nuwe hoogtes te neem.
04
Ons skep die geleentheid om potensiële werkgewers te ontmoet. Dit is die eerste tree na 'n suksesvolle samewerking en 'n toekoms wat jy en jou werkgewer saam kan bou. Ons sal jou dan voorstel aan jou nuwe werkgewer.
Werkie.co.za bied 'n gebruikersvriendelike platform, vinnige toegang tot beskikbare poste, en 'n direkte skakeling tussen werkgewers en werknemers.
Nee, aansluiting is heeltemal gratis vir die kandidaat. Die werkgewers/firmas vir wie ons werwing en plasings doen betaal aan ons ‘n fooi. Ons fokus op toeganklikheid vir alle werksoekers.
Besoek gereeld die webwerf vir die jongste poste. Teken in op werkie.co.za se nuusbrief en maak seker jy bly op hoogte. Volg ook ons sosiale media platforms (Facebook, Instagram, LinkedIn) om die nuutste werkies te sien.
Werkie maak gebruik van platforms wat aan al die POPIA vereistes voldoen om seker te maak dat jou inligting beskerm word. Ons respekteer jou privaatheid en neem die beskerming van persoonlike inligting baie erenstig op. Hierdie privaatheidsbeleid beskryf hoe ons die persoonlike inligting hanteer wat ons insamel. Deur van ons platform te gebruik, stem jy in tot die insameling en gebruik van jou inligting soos uiteengesit in hierdie privaatheidsbeleid.
Die reaksietyd wissel, maar ons moedig werkgewers aan om vinnig terugvoer te gee.
Kontak gerus ons ondersteuningspan via die "Kontak Ons" skakel op die webwerf. Ons help graag met enige tegniese vrae.
Landlyn: 087 474 5000